
Die "Kerk Hoff " van Meerlust in 2005
In die historiese opstal Meerlust aan die Eersterivier, word 'n "Plattegrond" van 'n begraafplaas bewaar. Dit is die plan van 'n "Graff Tombe Kerkhoff" wat volgens die opskrif links in 1787 deur die oud-heemraad Johannes Albertus Mijburg aangelę is.
Onder die opskrif regs word die begraafde persone in drie kolomme aangegee:
Kolom 1 bevat die name van "Aanverwanten" wat in die "Graff Tombe" ter aarde bestel is terwyl kolom 2 en kolom 3 die name bevat van "Partikuliere Personen op't Kerkhoff".
Die volledige transkipsie bevat 51 name, sommige waarvan ook in die kerk se Doderegister voorkom.

Die "Graff Tombe" in die begraafplaas op Meerlust in 2005.
Hier is verder slegs grafstene uit die 20ste eeu.